Janke Barkhuizen
Ouderdom
18
Tuisdorp
Midstream
Skool en dorp/stad van skool
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het begin by twee dinge wat ek nie uit my kop kon kry nie: ’n spleet met ’n waterfall-effek en ’n kleur wat nie heeltemal vasgepen kan word nie. Ek het detail van verskillende rokke waarvan ek gehou het, op my eie manier in een ontwerp saamgebring. Ek wou hê die rok moes uit elke hoek iets anders wys en nie net mooi lyk wanneer ek stilstaan nie, maar ook wanneer ek beweeg. Die snit, materiaal en kleur moes mekaar komplementeer, sonder dat enige een die ander oorheers.
