Janike Burger

Hoërskool Lydenburg

Tuisdorp

Lydenburg

Skool

Hoërskool Lydenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

n Winkelaanwins wat ek in iets persoonliks verander het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het hierdie rok gekies vir my matriekafskeid omdat dit my persoonlikheid perfek weerspieël – sag, vrolik en vol lewe. Die geel en blomme simboliseer sonlig, groei en nuwe beginne, presies wat hierdie mylpaal vir my beteken. Ek wou iets dra wat my laat voel soos myself, maar steeds besonders en vol selfvertroue. My lewens motto is altyd wees soos n sonneblom en draai jou gesig na die son🌻💛

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My geel rok met blommetjies verteenwoordig vir my lig, vreugde en groei. Dis die kleur van son en nuwe beginne. ’n Herinnering aan hoe ver ek gekom het en hoe ek blom in my eie lig. Elke blommetjie vertel van die mooi dinge wat ek in myself ontdek het, en die selfvertroue waarmee ek hierdie nuwe hoofstuk instap.Ek blom waar ek geplant is ,helder, uniek en vol lewe.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek in my geel versamelaars item volla arriveer, iets anders, uniek, iets vrolik, iets wat net ek is. Dit het gevoel soos sonlig op wiele, vol energie en vreugde. ’n Oomblik wat ek nooit sal vergeet nie. Het my ook herhinner dat dit heeltemal "okay" is om uit te staan en anders te wees.

Planne vir na matriek

Ek glo dat elke kind potensiaal het, en ek wil deel wees van daardie groei. Daarom het ek besluit om onderwys te studeer – om ’n verskil te maak waar dit die meeste saak maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Droomvanger

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media