Janè Wepener
Hoër Volkskool Heidelberg
Tuisdorp
Nigel
Skool
Hoër Volkskool Heidelberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lizan Zondagh Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok met die blou elegante materiaal en silwer detail herinner my aan Cinderella met die slagspreuk :”Have courage and be kind”. Om op te staan vir dit wat reg is al staan die hele wêreld teen jou en om steeds vriendelik te wees. Ek het nie my rok gekies nie maar my rok het my gekies.Die rok se elegansie weerspieël die drome van my toekoms, die silwer detail wat in die son skyn dui op my eie lig wat ek dra en die uniekheid van die rok weergalm my droom van ń wêreld waar elke meisie weet sy is genoeg.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my groot droom. My rok beteken vir my dat daar genoeg son is vir elke meisie om soos ń strokies prinses te lyk en te voel.My rok herinner my aan my unieke geaardheid en my begeerte om die verskil te wees wat ek in die wêreld wil sien. My rok is vir my ń samevatting van alles wat ek bereik het en alles waarvoor ek gedroom het
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek en my drieling boetie en sussie saam oor die rooi tapyt geloop het nadat ons metgeselle saam ons oor gestap het.Dit was ń bitter soet oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.Die wêreld het stil gaan staan en al wat saak gemaak het was my boetie en sussie.Die mense met wie ek elke deel van myself deel.Die twee derdes van my hart wat my heel maak.Die bewys dat ń drie dubbelle tou nooit sal breek nie.
Planne vir na matriek
My plan is om Aptekerswese te gaan studeer by die Universitiet van Noord-Wes en ek beoog om in Wag ń Bietjie dameskoshuis te bly.
Gunsteling woord in Afrikaans
Verskil
Datum van matriekafskeid
2025-10-17