Jané van der Merwe

Jané van der Merwe Jané van der Merwe Jané van der Merwe

Ouderdom

18

Tuisdorp

Centurion

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Zwartkop, Centurion

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou gehad het dat my matriekafskeidrok tydlose elegansie weerspieël en my persoonlikheid op n natuurlike manier uitbeeld. Dat mens kon sien dat daar aan elke liewe ding gedink is. Niks is per toeval nie – van die kleur van my rok en die noukeurige plasing van elke liewe kraletjie sodat daar geen “nuttelose spasies” is nie tot die lae rug en selfs hoe my hare moes lyk. Alles moes bymekaar pas, van my hare en my rok tot my grimmering en my hakke. Ek wou hê dit moes nie net 'n rok wees nie, maar dat dit soos 'n handskoen aan my moes sit en heeltemal vir my gemaak was. Ek wou gehad het dat ek die rok dra, nie dat die rok my dra nie. Ek wou ook ń rok gehad het waarna toe ek kon terugkyk oor 10, 20, selfs 30 jaar en nog steeds die rok wou aantrek.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media