Jané Botha

Durbanville High School

Tuisdorp

Durbanville, Kaapstad

Skool

Durbanville High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het saam met Riëtte Barnard my rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok kom van klein Jané – die meisie wat nog altyd ’n “plain Jane” was, maar tog stil-stil daarvan gehou het om nét ’n bietjie uit te staan. Ek het doelbewus vir eenvoud gegaan, want ek wou hê dat dit juis die eenvoud moes wees wat die rok besonders en mooi maak. Die subtiele diamant-detail en die lewendige rooi-oranje kleur het daardie idee perfek vasgevang. Ek het ook die rug as fokuspunt ontwerp, sodat dit daardie verrassende, elegante oomblik skep wanneer mens my van agter af sien. Dit was ook vir my belangrik om gemaklik te kon wees sodat ek lekker kon dans.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok simboliseer nie net ‘n spesiale aand nie, dit vang al die herinneringe van 12 jaar se skoolgaan vas. Die eenvoud van die ontwerp weerspieël wie ek is - wat jy sien is wat jy kry - terwyl die klein, fyn detailtjies ‘n teken is van my eie styl. Die rok vertel my storie op my manier en in my stem - dankbaar vir waar ek vandaan kom en opgewonde vir dit wat voorlê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die aand het vir my op ‘n hoogtepunt afgeskop met almal se aankoms. Die totale verwondering oor almal se rokke en hoe beeldskoon die klas van 2025 gelyk het sal ek nooit vergeet nie.

Planne vir na matriek

Ek kies koers Stellenbosch Universiteit toe vir geesteswetenskappe en dan verder onderwys. Ek kan nie wag om ‘n Matie te word nie!

Gunsteling woord in Afrikaans

Heuning

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media