Jamie Minnaar
Ouderdom
18
Tuisdorp
Waverley
Skool en dorp/stad van skool
AHMP -pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir hierdie rok kom uit die skoonheid en sagtheid van die natuur. Ek wou ’n ontwerp skep wat soos ’n sonskynstraal in ’n mooi roos tuin verteenwoordig. vars, lig en elegant, maar steeds opvallend. Die sagte geel kleur simboliseer vreugde, hoop en ’n nuwe begin, wat vir my perfek pas by matriekafskeid, omdat dit die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een verteenwoordig. Die vloeiende materiaal en eenvoudige silhoeët is geïnspireer deur die natuurlike beweging van blomme en sagte sonlig. Ek het doelbewus gekies om nie die rok met te veel detail te oorlaai nie, omdat ek glo dat ware elegansie in eenvoud lê
