Jalize Uys-Pieters

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Ouderdom

18

Skool

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het 'n strapless rok gekies wat n korset gedeelte het , met ń blou blomerige patroon bo-oor wit en 'n vol geruffelde romp. Dit het dadelik daardie "ek voel soos 'n prinses" gevoel gegee. Die patroon herinner my aan porselein en gee ’n uniek , elegant en dromerige gevoel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was nog nooit iemand wat gehou het daarvan om uit te staan nie , maar toe ek die rok sien het ek geweet dis die een. Ek wou soos n prinses in ń fairytale voel. Ek het toe besluit dat ek dink ek gaan my laaste jaar eindig met ń “ekt nie die van jou verwag nie” en dit het. Ek wou van die begin af iets hê wat anders is , iets wat nie almal sou dra nie , maar steeds stylvol en elegant is. Ek wou hê my rok moes ’n dromerige en romantiese gevoel hê , en toe ek hierdie een sien , het dit presies daardie inspirasie vasgevang.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek dink my gunsteling deel was hoe moeiteloos dit gevoel het toe ek dit aantrek , asof dit nog altyd my rok was. Die manier waarop die romp beweeg het toe ek geloop het , het vir my gevoel asof ek in my eie klein sprokie stap of die main character van ń film was. Die hele voorkoms het my elegant , mooi en selfversekerd laat voel.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media