Izeldi Jacobs

Hoërskool Diamantveld

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Diamantveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het van rok winkel tot rok winkel gery in Pretoria en niks gevind na my smaak nie. Daarna het ek moed opgegee en dit oorweeg om my spesiale rok te laat maak. Ek het aande wakker gelê en gesoek na insperasie vir my blomme rok. Ons het een laaste Boutique probeer in George waar almal in my gesin vir rokke aangedra het en my ma se rok het gewen maar hulle sê mos “mother knows best”. Die lyfie van my rok is ’n stywe, gestruktureerde ontwerp met kleurvolle blommeborduurwerk wat vir my n elegante en romantiese gevoel gee. My romp was A-lyn silhoeët in n sagte perskepienk satynmatriaal.My snit sal ek beskryf as n moderne kinkel bygevoeg tot die klassieke styl. Algeheel het dit my elegant en vroulik laat voel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet dat ek iets soek met blomme, iets wat met die lente seisoen vergelyk kan word. My gunsteling seisoen. N rok wat die varsheid van lente beklemtoon.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok was net sy kleur en die manier wat dit my blas vel beklemtoon het nie maar die feit dat my rok sakke gehaat het.

Datum van matriekafskeid

2025-04-10

Like what you see?

Share on Social Media