Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Hoër Meisieskool Bloemhof
What was your inspiration for your matric prom dress?
Ek wou iets hê wat beide elegant en kragtig voel — ’n rok wat my styl weerspieël en waarmee ek kon uitstaan sonder om luidrugtig te wees. My inspirasie was klassieke Hollywood-glamour met ’n moderne, donker romantiese kinkel. Ek is nie een vir helder pienk dra nie, maar het steeds soos 'n prinses gevoel in my eie styl. Die kombinasie van swart kant en 'tulle' gee aan die rok ’n tydlose, maar tog unieke karakter.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Hoe kan ek net een deel kies? Ek is so verlief op my rok, van die knopies op die moue tot die fyn swart 'beading' wat mens nie so maklik kan sien tot dit die lig net reg vang nie.
As ek 'n aspek moet kies sal dit die kontrasterende elemente aan my rok wees wat so mooi saam gevat is dat dit soos een visie lyk. Die rok is gelyktydig elegant en dramaties. Ek hou ook baie van die manier waarop die rok perfek pas en my natuurlike silhoeët beklemtoon, wat my ongelooflik selfversekerd laat voel het op my groot aand. Ek is ook gaande oor die feit dat die rok uit drie stukke bestaan!
Elke ma wonder altyd hoe haar kind die rok weer en weer kan dra. Stephen het vir ons so 'n maklike oplossing gegee. Die 'tulle'-oorrok word met knopies vasgemaak, wat dit onmiddellik twee verskillende rokke maak, maar die kant bo-stuk en romp is ook apart wat beteken dat ek my rok kan verander en saam met ander goed dra vir al die ander danse wat nog voorlê.