Isebella van der Merwe

Hoër Meisieskool Bloemhof

Ouderdom

19

Skool

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek wou gehad het my rok moes ’n tydlose, elegante silhoeët hê, met fyn kantdetail en ’n dramatiese 'tulle'-oorrok wat beweging en volume skep. Die 'tulle' skep drama teenoor die fyner kant-silhoeët. Die ontwerp kombineer klassieke 'glamour' met moderne styl, wat dit uniek en opvallend maak sonder om oorweldigend te wees, in my opinie. Dit is ontwerp deur Stephen van Eeden, wat die perfekte balans gevind het tussen sofistikasie en selfvertroue. Ek kon nie gelukkiger gewees het toe ek gesien het hoe hy my idees lewendig gemaak het nie.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets hê wat beide elegant en kragtig voel — ’n rok wat my styl weerspieël en waarmee ek kon uitstaan sonder om luidrugtig te wees. My inspirasie was klassieke Hollywood-glamour met ’n moderne, donker romantiese kinkel. Ek is nie een vir helder pienk dra nie, maar het steeds soos 'n prinses gevoel in my eie styl. Die kombinasie van swart kant en 'tulle' gee aan die rok ’n tydlose, maar tog unieke karakter.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hoe kan ek net een deel kies? Ek is so verlief op my rok, van die knopies op die moue tot die fyn swart 'beading' wat mens nie so maklik kan sien tot dit die lig net reg vang nie. As ek 'n aspek moet kies sal dit die kontrasterende elemente aan my rok wees wat so mooi saam gevat is dat dit soos een visie lyk. Die rok is gelyktydig elegant en dramaties. Ek hou ook baie van die manier waarop die rok perfek pas en my natuurlike silhoeët beklemtoon, wat my ongelooflik selfversekerd laat voel het op my groot aand. Ek is ook gaande oor die feit dat die rok uit drie stukke bestaan! Elke ma wonder altyd hoe haar kind die rok weer en weer kan dra. Stephen het vir ons so 'n maklike oplossing gegee. Die 'tulle'-oorrok word met knopies vasgemaak, wat dit onmiddellik twee verskillende rokke maak, maar die kant bo-stuk en romp is ook apart wat beteken dat ek my rok kan verander en saam met ander goed dra vir al die ander danse wat nog voorlê.

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media