Isabel Peens

CVO Skool Potgietersrus

Tuisdorp

Pitgietersrus

Skool

CVO Skool Potgietersrus

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is van Wedding Bells Couture in Witbank — hulle het die ideale kombinasie van styl, gehalte en elegansie gehad waarna ek gesoek het. lets wat regtig my persoonlikheid weerspieël en die mooi van buite en die belangrikste is die mooi van binne af wys. So het die span my gehelp om my prinses droom rok n realiteit te maak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was 'n tydlose, sprokiesagtige gevoel. Ek wou iets hê wat elegant maar tog uniek is — iets wat natuurlik uitstaan sonder om oordadig te wees. Dit moet n gevoel van elegansie en rustiggeid skep, maar terselfdetyd n kragtige energie afgee van n nederige meisie wat n rok met baie selfvertroue dra. Groen is my gunsteling kleur. Groen is baie meer betekenisvol as net n kleur wat met die natuur geassosieer kan word. Dis vir my n teken van lewe in die natuur. Die feit dat daar lewe uitspruit na droogte, swaar reën en donderstorms. Die glinsterende detail wys op lig en lewe in die donker tye.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was vir my baie meer as net materiaal wat mooi vertoon, dit was my rok, my trots, my droom. Elke meisie droom al van klein tyd af oor daai rok wat jou eendag soos n prinses gaan laat voel. Die rok was vir my n droom wat n realiteit geword het. Ek het op die ouderdom van 12 klaar n Pintrest-bord geskep van my droom rok en vasgehou aan daai droom, tenspyte van almal wat altyd vir my gesê dat jou rok nie altyd gaan uitdraai soos jy dink of jy gaan iets heeltemal ander kry, maar ek was anders en so was my rok ook. Ek het soos die prinses gevoel waarvan ek nog altyd droom, maar aan die anderkant n mooi jong dame wat n rok met trots, dankbaarheid en selfvertroue dra. Dankbaar vir die geleentheid om in die posisie te kan wees.] Die rok was ook nie net n droom wat waar geword het nie, dit was ook n teken van hoop. Die herinnering aan daai groen lewe in die natuur na droogtes en donderstorms. Elke unieke blommetjie, is soos n meisie wat haar lig laat glinster in donker tye.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit was meer as net n glansgeleentheid waar iy. almal deur n ring kon trek. Dit was n aand van glans en glorie waar elke matriek n langverwagte pylpaa! bereik het en n hoofstuk afsluit wat se naam skoolloopbaan is. Dit was ook n geleentheid waar ek totsiens kon sê vir n plek wat my al vir 12 jaar gevorm het. Dit was waar ek kon omdraai en trots wees op die jong volwassene wat gevorm het, tenspyte van al die uitdagings. Die geleentheid het nie gegaan oor die dekor of kos nie, dit het gegaan oor elke persoon wat kon omdraai en trots daar staan. Dit was waar 12 jaar se herinnering en stories in een aand afgesluit kon word. Die hoogtepunt was om soos n prinses te voel saam met die mense wat ek lief het.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om BCom Rekeningkunde te studeer en terselfdertyd my Private Pilot Licence te voltooi. Ek het 'n groot liefde vir beide finansies en vlieg - twee wêrelde wat dissipline, presisie en toewyding verg. Vlieg is my lewe, maar ek glo daarin om 'n sterk akademiese grondslag te hê, sodat ek eendag, wanneer ek my eie gesin begin, iets het om op terug te val en met trots te bou.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasties

Datum van matriekafskeid

2025-09-26

Like what you see?

Share on Social Media