Ine Klopper

Hoerskool Wolmaransstad

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Fenomenaal

What was your inspiration for your matric prom dress?

Ek het lank gedink oor hoe my rok gaan lyk op matriekafskeid en deur baie verskillende style en kleur opsies gegaan , maar ek het geweet ek wou 'n uitspattige kleur hê. Ek wou oorspronklik vir 'n sagte geel gaan maar toe 'n vriendin vir my hierdie spesifieke oranje wys toe weet ek dis presies ek. Die styl van my rok is baie foto's in een. Ek het geskukkel om op een styl af te kom en begin dink oor hoe al my idees saam sal lyk. Ek het 'n rok gesien met 3D blommetjies en geweet ek wil dit inkorporeer. Meeste van my idees het van Pinterest af gekom waar ek net in die aande op my bed lê en droom oor DIE rok. En so het my rok lewe gekry met elke aanpassing waar ek weggeloop het met die grootste glimlag op my gesig en geweet dis presies wat ek wil hê en niemand kon my oortuig van iets anders nie.

What was your favorite part of your matric prom dress?

As my jonger self die rok moes sien sou sy glad nie gedink het dat sy so 'n rok sou kies nie. Sy sou dink ek sal 'n donkerige kleur kies met amper geen detail nie. Ek dink dit beklemtoon my groei as 'n persoon , waar ek myself gevind het deur die jare en tevrede is met my uitspattige persoonlikheid. Ek voel my rok wys die mens wie ek is. Iemand wat heeltyd lag en die "life of the party" is. Iemand wat net saam my vriende wil dans en saam familie kuier. Ek het nie gegaan om die rok te wees waaroor almal praat nie maar net gelukkig te wees en my styl vir my vriende te wys , en te verseker dat ek myself is.

Date of matric farewell?

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media