Ilse Mienie

Durbanville High School

Tuisdorp

Durbanville

Skool

Durbanville High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Wilmien Cronjé het my rok ontwerp en gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het my inspirasie gekry uit die vloei van die lewe self. Soms gaan dinge nie soos jy beplan nie, maar daar bly altyd iets mooi om te sien.Die voue op my rok kom daarvan en pas perfek by die elagnasie wat ek wou uitbeeld. Vlinders is van my gunsteling diere en wys hoe jy kan verander en steeds mooi wees. Daarom wou ek baie graag hulle by my rok inbring. Ek wou hê my rok moet wys wie ek is — plein, sterk en vol lewe.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken baie vir my omdat dit my persoonlikheid baie goed uitstraal. Die elegante styl verteenwoordig die skoonheid in eenvoud en selfvertroue. Die voue in my rok wys hoe my lewe vol draaie en veranderinge is, maar dis juis dié dinge wat my uniek maak. Die vlinders is vir my ’n teken van hoe die lewe vloei — dat dinge verander, maar steeds mooi bly.Vlinders herinner my om sag, lig en voluit te leef en om elke oomblik te waardeer. Die kleur van die rok laat dit uitstaan, net soos die vreugde en energie wat ek wil uitstraal wanneer ek dit dra.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die mooimaak daarvan. Ek is n baie sportiewe mens en dra byna nooit grimering nie, daarom was die baie lekker om all out te gaan met die mooimaak proses. Dit was ook baie lekker om almal se rokke te sien en hoe elkeen se rok verskil, maar perfek by hulle persoonlikheid pas.

Planne vir na matriek

Ek gaan Bedryfsingeneurswese by Stellenbosch Universiteit studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Positiwiteit

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media