Hymne Visser

Hoërskool Monument

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool

Hoërskool Monument

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Tannie Natasha Gouws van VNG Designs

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het nie n presiese idee gehad van hoe my rok moes lyk nie, ek het n klomp idees vir Tannie Natasha gegee en sy het die perfekte rok geskets. Ek het met elke pas net meer en meer van my rok gehou.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is baie spesiaal vir my. Ek het al van klein tyd af gedroom oor my matriekafskeid rok, ek was meer as tevrede met hoe dit uitgekom het. Ek het selversekerd gevoel in my rok en die blou was iets besonders. My rok beteken baie vir my, ek is bly dat ek die geleentheid gehad het om sulke mooi fotos te neem in die rok want oor n paar jaar gaan ek na die fotos kyk en my rok gaan my laat terug dink aan al my mooi herinneringe wat ek gemaak het by Hoërskool Monument wat n groot deel vorm van die mens wat ek vandag is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Voor die matriekafskeid het ek vir al my vriendinne gesê ek kan nie wag om almal te sien in hulle rokke en om mooi te maak vir die spesiale aand nie. Dit was beslis my hoogtepunt. Dit was so lekker om op te dress en die aand te geniet saam al my vriendinne, wat n voorreg is dit nie om n meisie te kan wees nie.

Planne vir na matriek

Na skool gaan ek studeer by NWU Potchefstroom. Ek wil graag n Biologie en Wiskunde Onderwyseres word eendag.

Gunsteling woord in Afrikaans

Waterlemoen

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media