Huldah Nel

Hoërskool Nelspruit

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Nelspruit

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is n helder en besige kleurige rok . My rok is 'n off-shoulder balrok met 'n helder blou en goue luiperd-patroon wat regtig uitstaan. Die groot romp vloei mooi en het 'n goue binnekant wat dit nog meer luuks en spesiaal vir my laat lyk. Dit is 'n kombinasie van wild en elegant, en dit laat my voel asof ek my persoonlikheid met trots kan dra, wat reg is om matriekafskeid vol selfvertroue en styl te geniet. My rok het n corset wat die elegansie van my rok uitbeeld en die Vloeiendheid van my rok uniek maak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was eerstens om my persoonlikheid deur my rok uit te beeld , en tweedens dat ek my rok met volle selfvertroue kan dra. Ek was nog altyd iemand wat heel voor in die ry staan as dit kom by kleure en veral verskillende patrone. Ek het van die begin af geweet dat ek iets soortgelyks aan n luipervel wou gehad het, maar die oomblik toe ek my lap moes gekies het was my asem weggeslaan met die blou en goue kleure en dit was DADELIK ń ja vir my, maar ek wou iets helder aan my rok gehad het en dit is waar ek besluit het om ń sagte goue kleur aan die binnekant van my rok te sit.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is die verskillende kleure en die vorm daarvan omdat dit my ekstrovertiese persoonlikheid mooi weerspieël. Die helder blou en goue skakerings met die goue binnekant wys my liefde vir die lewe en energie en die dramatiese uitvloeiende vorm van die rok my selfvertroue en lewenslus uitbeeld. Dit is asof my rok my storie vertel - lewendig, uniek en vol karakter.

Datum van matriekafskeid

2025-08-16

Like what you see?

Share on Social Media