Hope Davids
Ouderdom
18
Tuisdorp
Wemmerschhoek
Skool en dorp/stad van skool
Franschhoek Highschool, Franschhoek
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het n begeerte gehad om iets anders te doen. Iets wat nie altyd deesdae deur die menslike oog gesien word nie. Iets wat skree, " Ek is hier!" sonder werklik te skree. Iets wat die oog sal trek sonder dat jy besef jy het al vir drie ure daarna staar. Ek het begin om op Pinterest n paar vintage-rokke idees te soek en afgekom op n bloedrooi fluweel een. Net daar en dan het ek besef ek is verlief. Waarlik verlief. Deur gebruik te maak van ChatGPT, het ek die rok verleng en die moue, sowel as die kleur ,aangepas volgens my smaak. Soos ek meer en meer na die klein foto kyk het ek besef dat my ware inspirasie van my liefde vir outydse flieks kom soos 'Pride and Prejudice.'
