Hannalize Theron
Ouderdom
18
Tuisdorp
Hartenbos
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Punt Mosselbaai
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het sy oorsprong gevind toe ons onlangs na die Mosselbaai omgewing verhuis het. Tydens een van ons verkenningsreise het ons Fransmanshoek besoek. Dáár, tussen die rowwe kusrotse het die unieke natuurlike lae van die klippe onmiddellik by my visie gepas. Dit het vir my die ideale voorbeeld gegee vir die ontwerp wat ek wou skep. Ek het gestreef na 'n unieke skepping wat met die natuur ooreenstem en daardie omgewing het my presies gewys hoe om hierdie natuurlike elemente stylvol in my rok te gebruik.
