Grace-Anne Laubscher

Hoërskool Swartland

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Swartland

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My droomrok vir matriekafskeid is lig soos sonlig, 'n sagte baba-geel satyn rok wat my laat voel soos die prinses van my eie verhaal. Die eenvoud van die "less is more"-styl weerspieël my persoonlikheid: ek glo in natuurlike skoonheid en dat ware elegansie lê in selfvertroue eerder as oorversiering. Die vloeiende satyn vang elke beweging liggies op en laat my voel of ek sweef, terwyl die prinses-snit my 'n tydlose, klassieke voorkoms gee. Die rok is sag en lig, maar tog vol karakter, net soos ek: vriendelik en warm, maar ook sterk in my eenvoud. Hierdie rok vertel my storie sonder woorde, 'n storie van lig, grasie en die pragtige krag van eenvoud.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was gekry toe ek vir die eerste keer ‘Beauty and the Beast’ sowel as ‘How to loose a guy in 10 days’ gekyk het. My rok vertel ń storie met sy eenvoud. Dis eenvoudig maar dit sê so baie. Dit laat my voel asof ek in my eie rolprent van ‘romance’ speel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok was verseker die agterkant met die strik. Dit skep ń prinses-styl wat my in my eie sprokies verhaal laat lewe. Die strik weerspieël my sagte hart en my innerlike kind-wees.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media