Gerbie Wilsnach
Ligbron Akademie vir Tegnologie
Tuisdorp
Wit Rivier
Skool
Ligbron Akademie vir Tegnologie
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeidrok ontwerp in Nelspruit by n dame met die naam van Agness.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur fantasieverhale. Ek wou die ryk, koninklike gevoel van pers en die dromerige elegansie van blou saamvoeg om die elemente van verbeelding en koninklike grasie te weerspieël.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok simboliseer vir my die einde van ’n era, maar ook die begin van ’n nuwe hoofstuk in my verhaal.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om saam met my vriende te kuier en te sien hoe pragtig almal gelyk het ,elke uitrusting het perfek by elkeen se persoonlikheid gepas.
Planne vir na matriek
My plan na matriek is om Regte deur Akademia te studeer en uiteindelik ’n suksesvolle prokureur te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Lieflik
Datum van matriekafskeid
2025-10-02