Genevieve verster

Hoerskool Rietvlei akedemie

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoerskool Rietvlei akedemie

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Michelle Howell van Michelle Howell couture.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het dit al van graad 8 af begin beplan. My matriek afskeid was alles en nog meer. Ek het dit so gelove. Die Here seen ons en my lewe is liefde. Ek was in n klein skool (ek het dyslexia) ek moes op nuwe maniere leer maar ek is so trots op myself. Die pad wat geloop is saam elke onderwyser le diep in my hart. Dankie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die kleur is ek. Stil en terug getrokke soos ek. Die waaghalsighneid is my inner wat wil uitkom. Die stene is al die seenings wat ek ontvang het. Regtig alles wat ek wou gehad het en alles wat ek is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om my ouers so trots te sien. Ek kon dit in hulle oe sien al die liefde en band wat gevorm is oor die jare. Om tot op die punt te kom en te weet liefde is groot. En vir my om te weet dat my ma en pa alles moontlik gemaak het vir my.!! Ek is so dankbaar so baie, baie dankbaar.

Planne vir na matriek

Ek is aanvaar by Isa Carstens en kan nie wag om die jaar te begin nie. Ek sien so uit. Ons is een lewe gegee en moet elke dag lewe soos wat ons pad vir ons uit gesit is. Ek dankbaar vir wat aan my gegee is en ek is dankbaar vir dit wat nog kom. Amen

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefde

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media