Gabriella Roelofse

HTS Drostdy

Ouderdom

18

Skool

HTS Drostdy

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok was vir my ongelooflik besonders, nie net omdat ek beeldskoon daarin gevoel het nie, maar omdat dit die afsluiting van ’n betekenisvolle hoofstuk in my lewe verteenwoordig het. Die rok is gemaak van helder pienk 3D-kant en tule, met ’n kleur wat onmiddellik aandag trek en energie uitstraal. Sodra ek ’n vertrek binnegestap het, het die lewendige skakering van pienk almal se oë na my toe laat draai. Die bolyf is met fyn blomapplikasies en delikate detail versier wat die rok ’n romantiese en unieke karakter gee, terwyl die oop rug met dun kruisbande ’n moderne, elegante balans teenoor die vol, vloeiende romp skep. Die hoogtepunt van my rok was dat die rompgedeelte verwyder kon word, wat dit in ’n stylvolle kort rokkie verander het. Dit het my toegelaat om vrylik op die dansvloer te beweeg en my aand ten volle te geniet, sonder om iets van die prinsesgevoel prys te gee. My matriekafskeidrok was dus nie bloot ’n formele uitrusting nie, dit was ’n persoonlike uitdrukking van wie ek is, en dit het my aand onvergeetlik gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok was deur Barbie geïnspireer. Ek was mal oor Barbie gewees as 'n jong meisie, dalk ook so klein 'n bietjie obsessief. Ek het gevoel dat deur Barbie as inspirasie vir my rok te gebruik, dit hulde bring aan my kinderjare.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek kan sonder twyfel sê dat my gunsteling gedeelte van my rok die verwyderbare romp was. Sodra iemand my gekomplimenteer het op my mooi uitrustings kon ek myself help om die verassing wat my rok inhou bekend te maak nie.

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media