Frinéze Potgieter

Bergsig Akademie

Tuisdorp

Rustenburg

Skool

Bergsig Akademie

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ons het my spesiale rok by Trés Jolie Bridal and Evening Wear gekoop. (Daar is net te veel om van te kies maar myne is en was net die mooiste.)

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou soos Cinderella gevoel het vir my spesiale aand en die rok het my drome laat waar word.Ek het die rok gekies want ek was dadelik verlief op die rok die oomblik toe ek hom gesien het. Die blink van my rok was nie oordonderend nie, maar net genoeg om jou aandag dadelik vas te vang. Die rok se lae was genoeg om die nodige pof vir Cinderella te gee.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my bitter baie want dit het my matriek jaar op 'n hoë noot afgesluit. My ouers het alles in hul vermoë gedoen om die rok vir my te koop wat die rok ekstra spesiaal vir my gemaak het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek saam my familie, vriende en naastes fotos kon neem vir die spesiale geleentheid en ook die oomblik waar ek by die rooi tapyt kon afloop om my rok vir almal te wys. Ek het die mooi kommentaar van die gehoor af baie geniet en dit het my ekstra spesiaal laat voel.

Planne vir na matriek

Ek is 'n boerenooi wat graag my liefde op 'n plaas en met diere wil uitleef. Ek sal graag wil reis en die wêreld ook daar buite sien. As ek die geleentheid kan kry om die wêreld te kan sien sal ek graag iets nuuts wil leer wat ek vir altyd kan onthou.

Gunsteling woord in Afrikaans

"Luister Yster"

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media