Esna Smit

Bothaville Hoërskool

Ouderdom

19

Skool

Bothaville Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok wat ek gekies het ,het my dadelik aan die see laat dink.Die kleure van diep see-blou ,groen en pers vang die lig op ń betowerende manier.Die oop rug gee die rok ń selfversekerende gevoel ,terwyl die slit aan die kant ń tikkie moderne styl gee en so ook vroulikheid byvoeg

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het die rok gekies omdat ek baie van die see hou .Die blou ,groen en pers het my aan die golwe laat dink .Toe ek die rok aangepas het,het dit soos ń handskoen gepas ,die rok was gemaak vir my .Ek het dadelik verlief geraak op die rok,ek het geweet dat ek nie soos die res wil lyk nie maar net myself wil wees .Die rok verteenwoordig vrede ,groei en vreugde wat my ook inspireer het om die rok te kies

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was verseker die feit dat my rok se kleur verander het terwyl ek geloop het .Die rok het verseker "lewe" gehad

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media