Emma Strydom

Afrikaanse hoër meisieskool Pretoria

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Afrikaanse hoër meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Carike Nel het my droomrok ontwerp. Sy het net soos ek n baie klassieke styl en sy sit die ekstra moeite in, en dit is baie duidelik.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het hard en lank gesoek na die perfekte matriekafskeid rok, maar kon niks kry nie. Ek het toe by die wêreld van trou rokke ingevaar, want dit is tog amper dieselfde. Ek het die mooiste rokke gesien en toe eers al my idees gekry en toe besluit om hierdie trourok van my net in swart te laat maak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is n definitiewe weerspieeling van wie ek is en hoe ek gegroei het. Ek het toe ek jonger was nog altyd die perfekte idee gehad vir die mooiste rok en ek en jonger Emma is nou twee totaal verskillende mense. My rok weerspieel my klassieke en volwasse smaak. Ek wou dit eenvoudig hou maar steeds uitstaan en dit is presies wat my rok gewys het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was definitief om in te loop saam met my metgesel op die rooi tapyt en hoe almal my afgeneem het en ook om te sien hoe my vriendinne wat ek ontmoet het toe ons net klein graad aggies was, so gegroei het.

Planne vir na matriek

Ek gaan na matriek Visuele Kommunikasie swot by Open Window. Ek is nog altyd baie kunstig en dit is die perfekte kursus vir my persoonlikheid en my sterkpunte.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sjiek

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media