Emily Smith

Hoërskool Waterkloof

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Indrukwekkend

What was your inspiration for your matric prom dress?

Kom ons begin by die mooiste lig blou. My ma het vir my al my fotos gewys toe ek n kleuter was en ek was op die stadium van SELF was dit altyd blou, die een kiekie is my oë blou, my lippe blou en selfs my wange. So die kleur was van selfsprekend dat ek sou blou dra eendag. Dit was egter nie so maklik as mens dink oor die verskeidenheid bloue wat beskikbaar is nie. Met my sagte ligte vel het my rok se blou net meer die aksentpunt geword soos ek dit wou hê. Die frille en valle, dit was wat die rok uniek gemaak het, ja daar is baie frille en valle rokke daar buite maar hierdie het soos n spiraal afgehang wat die rok sag gemaak het. Om my hele uitrusting saam te vat dink ek terug aan Hillary Duff in A Cinderella Story. Ek is nie a meisie wat hakke dra nie en my sneakers het my rok en my droom saamgebring. Ek was Cinderella vir n aand. My droom het waar geword.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My matriek afskeid beteken so baie vir my ,ek het dadelik toe ek vir die eerste keer die rok aantrek gevoel soos n prinses en geweet my Cinderalla droom het waar geword ,ek wou van jongs af vir matriek afskeid n blou rok gedra het maar toe die soegtog begin het vir my rok was dit moeilik om DIE BLOU ROK te vind ,n maand voor matriekafskeid het my ma gevra of daar iemand is wat nog n oop spasie het om 'n rok te maak. Dit is nadat ons seker elke rok winkel besoek het en elke kleur onder die reënboog aangepas het. Tannie Cornelia het my ma laat die 1 aand gekontak en gesê sy soek n foto en sy wil ons help en baie graag die rok maak. Wat n maand, dit was soos n warrelwind en daar word die mooiste Cinderella rok stukkie vir stukkie, falletjie vir falletjie geskep. Tenslote my rok is n droom wat in my kop was wat Purple dreams realisties gemaak het, ek kon die onvergeetlike aand met my droom rok geniet.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media