Elzeri Nieuwoudt

Hoërskool Secunda

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Secunda

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is n redelike eenvoudige A-line rok gemaak uit satyn. Dit het n korset met n interessante “swoop” ontwerp op die borsgedeelte. Dit het ook n diamant belt wat n blaar-effek gee.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok gehad het wat by my persoonlikheid gepas het, soos ek seker is al die ander matriek meisies ook sal sê oor hulle rokke. Ek het nie n spesifieke prentjie in my kop gehad van wat ek gesoek het nie, maar ek het geweet dit moet gemaklik wees, elegant wees en boonop alles moet ek die rok dra en die rok moet nie my dra nie. Die satynmateriaal gee my rok n sagte, elegante glans sonder om te “flashy” te wees, soos my persoonlikheid. (En n bonus was dat ek heel aand lank kon sokkie sonder om te stres oor my rok wat my “dansmoves” beperk)

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is by verre die crystal teal kleur. My rok is redelik eenvoudig, maar ek voel die kleur is wat dit uniek maak vir my. Dit bring my oë baie mooi uit aangesien dit presies dieselfde kleur as my oë is (en soos my beste vriendin sê, is my oë my geheime “wapen”.)

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media