Tuisdorp
Benoni
Skool
AHMP
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Estelle Visser
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die vraag is nie WAT nie, maar eerder WIE... As graad 8-dogter het ek by AHMP as ń seester ingestap - ń eeue ou tradisie waarvolgens elke matriekgroep vir hulle graad agts ń tema gee. Myne? Van seester tot superster. By my matriekdames se matriekafskeid in 2021 het slegs een rok ń blywende indruk op my gemaak en ek het gedroom om ook eendag soos sy as ń superster by my eie matriekafskeid in te stap. Dit was net daar wat ek besluit het hoe my rok gaan lyk en dit het in vyf jaar nie eers bietjie verander nie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Tydloose ellegansie! Die styl van my rok beteken bloot dat ek dit oor 30 jaar vir my kinders sal kan wys... SONDER VERSKONINGS.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
‘n Matriekafskeid is soos ‘n sterrestelsel van herinneringe wat vir een laaste aand tot lewe kom — waar lag sterrestof word en elke hartklop die ritme van môre neurie. Dis ‘n magiese brug tussen kinderjare se drome en volwasse bestemmings, waar glinsterende rokke en netjiese pakke die gewig dra van stories wat in klaskamers en gange geskryf is. Onder die sagte gloed van ligte word vriende die legendariese helde van hul eie jeug, en hulle vier nie net ‘n einde nie, maar die vonkelende begin van alles wat nog kom.
Planne vir na matriek
Ek is bevoorreg om in 2026 aan te sluit by die Universiteit van Pretoria se veeartsenykunde-groep waar ek beoog my droom as grootvee veearts te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Taalerfenis
Datum van matriekafskeid
2025-10-07