Elroné Venter
Hoërskool Oos-Moot
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Oos-Moot
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My unieke liggeel rok met dun bandjies en pragtige handopgewerkte pastelblomme wat tot 'n persoonlike ontwerp bydra, is 'n droom wat deur Tres Jolie Bridal Wear bewaarheid is. Die split, sowel as die sak gee aan die rok net 'n bietjie ekstra persoonlikheid.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die rustigheid wat mens in die natuur ervaar is definitief die hoofinspirasie. Die pastelblomme herinner my ook aan die pragtige kleure wat met die lente geassosieer kan word.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Net soos die lente nuwe lewe en vrolike kleure na die dorre wintermaande bring, is my matriekafskeidrok 'n simbool van groei, selfvertroue en oorgang na 'n nuwe fase. Oorgang van kindwees na volwassenheid is 'n dieper versteekte betekenis wat ook met die seisoene vergelyk kan word.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Definitief die oomblik toe ek op die rooi tapyt stap. Alles het so mooi saamgekom - die hare, grimering en al die beplanning - en dit was 'n viering van die jaar se harde werk en die begin van 'n nuwe hoofstuk. Omring deur vriende het ek werklik besef dat die einde van my skoolloopbaan nader kom en dat 5 jaar soveel herinneringe geskep het, wat ek nie sommer gou sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Die plan is om Meganiese Ingenieurswese by die Universiteit van Pretoria te gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
sleepvoetjies
Datum van matriekafskeid
2025-10-10