ELMEY WAGNER

Hoërskool Pretoria Noord

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Pretoria Noord

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My pragtige rok is met soveel liefde en sorg ontwerp en vervaardig deur die ongelooflike talentvolle Heidi Botma du Toit van Hollywood Costumes, saam met haar wonderlike span. Elke detail weerspieël hul passie en toewyding.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Van kleintyd af het ek altyd gedroom om op die dansbaan te sweef in ’n groot, pienk rok — soos ’n prinses in my eie sprokie. Daardie droom het diep in my hart geleef, en toe die dag uiteindelik aanbreek, het dit gevoel asof ek in ’n wonderwêreld instap. Dit was ’n oomblik van pure betowering — ’n hoogtepunt in my lewe tot dusver. Al het ek al baie modelwerk gedoen, was daar nog nooit ’n geleentheid om só ’n pragtige, poefie rok te dra en weer daardie kinderdroom te leef nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

’n Matriekafskeidrok dra die stories van groei, hoop en nuwe beginne — ’n simbool van die reis van meisie na jong vrou, gevul met trots, glimlagte en drome vir die toekoms.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om te sien hoe elke liewe meisie vir daardie aand só mooi gemaak word, en hoe hulle letterlik op die hande gedra word, was iets besonders. En dan daardie sterretjies in hulle oë — die oomblik wanneer hulle besef: “Jinne, maar ek ís mooi!” — dis eenvoudig onbeskryflik. Daardie glimlagte, daardie selfvertroue wat deurbreek… dis iets wat jy nie met woorde kan vasvang nie. En die seuns — hulle het net so geblink! Om hulle so selfversekerd te sien, uit hul skoolklere en regtig soos jong manne te sien voel, was ’n vreugde op sy eie. Dis wonderlik om te sien hoe elkeen, vir een spesiale aand, werklik goed oor hulself gevoel het.

Planne vir na matriek

Net nog die eindeksamen wat afgehandel moet word — en dan wag daar ’n heerlike seevakansie, welverdiend! Volgende jaar pak ek met nuwe energie al my kursusse aan, om die wêreld te gaan verken en leer op die yachts. Ek het my vyfjaarplan klaar uitgestippel — tot by my “kierrie-dae” — en ek sien vreeslik uit na elke stap van die avontuur!

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media