Elmari Müller
Hoërskool Lydenburg
Tuisdorp
Lydenburg
Skool
Hoërskool Lydenburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Claire Klopper by Claire Elaine
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het iets gesoek wat elegant maar steeds modern was. Die ontwerp balanseer sofistikasie met n tikkie van vrymoedigheid. Ek was geinspireer deur rokke wat slank en deftig was maar steeds met n bietjie drama. Ek het iets gesoek wat my persoonlikheid reflekteer het - grasieus maar met n bietjie van n sprankel en die rok het presies dit gedoen.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid het vir my meer as net n aand van mooi maak beteken - dit was n viering van hoe vêr ons al gekom het, al die herinneringe van skool en die mense wat saam my die pad gestap het. Dit het vir my daaroor gegaan om myself te geniet en die einde van n hoofstuk af te sluit. Dit was die perfekte manier om al ons harde werk, laat aande en vriendskappe wat my deur my skoolloopbaan gebring het, te vier.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Defnitief die KOS - ons het inplaas van n aansit ete, sewe vinger etes ontvang wat besonders geurig voorberei was.
Die saal was sprokiesmooi opgemaak en die dansvloer het nie teleurgestel nie!
Planne vir na matriek
Ek wil graag Arbeidsterapie by Universiteit van Pretoria studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Biltong
Datum van matriekafskeid
2025-10-02