Elizna van Rensburg

Curro Hermanus

Ouderdom

18

Skool

Curro Hermanus

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Scarlet Fashion in Somerset Wes gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om my aand spesiaal te maak en sodat ek voel soveel as lyk soos 'n prinses. Ek het ander by Scarlet Fashion in Somerset Wes, aan gepas, maar toe die dametjie die rok vir my bring, was dit asof dit vir my gemaak was. Die rok het my laat voel asof ek regtig in my eie krag staan. Toe ek dit aantrek, het ek vir die eerste keer regtig besef hoe mooi en selfversekerd ek kan voel. Dit het my selfvertroue gegee, nie net oor hoe ek lyk nie, maar oor wie ek is. Ek het trots gevoel, asof ek gereed is om die volgende hoofstuk van my lewe met geloof in myself aan te pak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekrok sal altyd Vir my iets besonderd beteken. Ek het Nie net die rok gekies omdat dit net 'n mooi rooi rok is nie, maar ’n simbool van hoe ver ek gekom het, al die herinneringe, harde werk en groei deur my skooljare. Die rooi kleur dra krag, selfvertroue en passie. Wat dit nog meer spesiaal maak, is dat my ma ook ’n rooi rok gedra het vir haar matriekafskeid. Dit wys hoe mooi geskiedenis homself herhaal, en hoe daar ’n simboliese band tussen my en haar is— twee generasies wat elkeen op hul eie manier straal in dieselfde kleur van trots, liefde en vroulike krag. My rok is meer as materiaal en ontwerp, dit dra my ma se herinnering, my eie storie, en die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe. ❤️

Datum van matriekafskeid

2025-09-29

Like what you see?

Share on Social Media