Elizabeth Fourie

Hoërskool Stellenberg

Tuisdorp

Durbanville

Skool

Hoërskool Stellenberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Zahn Van Heerden

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was om iets te dra wat my klassiek maar ook nogsteeds modern laat voel. My idee was om nie iets gewoons te laat ontwerp nie ,maar ‘n rok wat vir my selfvertroue sou gee. Dit is presies wat ek toe gekry het. Die snit moes natuurlik by my lyf pas en vloei as ek stap of beweeg. My een skouer-detail voeg ook daai “bold femininity” wat ek dink tog by my persoonlikheid pas en weerspiël. My rok is stylvol, maar sonder om tog te hard te probeer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Blou simboliseer vrede, hartseer en wysheid. In Maart het ek my gunsteling mens, my nefie Daniël, onverwags verloor. Ek onthou hoe ek eendag vir hom gesê het: “Jou aura is definitief blou.” Hy het saamgestem en toe spottend bygevoeg dat myne seker ’n lelike bruin kleur is. Hierdie blou rok dra ek op aan hom, want hy het vrede en wysheid in my lewe gebring, iets wat ek vandag ongelooflik mis. Wanneer ek hierdie rok dra, voel dit asof ek ’n stukkie van hom steeds by my het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Terwyl ek terug dink, besef ek dat daar nie een spesifieke oomblik was wat uitgestaan het nie, die hele dag was net eenvoudig perfek. Vanaf die oggend toe ek saam met my ouers ontbyt gaan eet het, tot die ure se regmaak met hare en grimering wat my niggie, Chris-mari, vir my gedoen het. Selfs die winderige aand by Eureka Estate was ongelooflik spesiaal, toe ek en my metgesel, Jayden, saam uit die motor klim. Ek sal vir altyd onthou hoe ons vriendekring tot die heel einde saam gedans en gesing het.

Planne vir na matriek

Volgende jaar gaan ek by Isa Carstens gaan studeer in Stellenbosch. Ek het besluit om die somatologie kurses van 3 jaar te doen, waar ek sal fokus op die studie van liggaamwelstand wat velsorg, liggaamsterapie en gesondheid deur skoonheid en balans te bevorder insluit.

Gunsteling woord in Afrikaans

liewenheersbesie

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media