Elané Coetzer

Elané Coetzer Elané Coetzer Elané Coetzer

Ouderdom

18

Tuisdorp

Secunda

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Secunda, Secunda

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was om elegansie, eenvoud, styl en 'n bietjie sprankel bymekaar te bring - want as jy net een keer Matriekafskeid het, kan jy net sowel 'n bietjie blink!!
Ek wou hê my rok moet stylvol en tydloos wees, maar steeds gemaklik genoeg dat ek daarin kon beweeg, dans en die aand geniet sonder om ongemaklik te voel. Ek het verlief geraak op die koningsblou kleur want dit laat die rok uitstaan, terwyl die glinsterende detail dit die spesiale matriekafskeid-glans gee.
Ek wou hê die rok moes eenvoudig, maar beslis nie vervelig wees nie. Klassiek en opvallend - sonder om te veel te probeer, want uiteindelik gaan dit nie net oor die rok nie, maar oor hoe jy daarin voel, en natuurlik hoeveel keer jy daardie aand hoor: WOW, jou rok!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media