Dorette Fourie

Trio Hoërskool

Tuisdorp

Kroonstad

Skool

Trio Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Esje Designs Potchefstroom

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het 'n KI prent gesien van 'n rok in skakerings van blou en turquoise wat my gunsteling kleur is. Esje Designs het my prentjie 'n werklikheid gemaak en ek kon al die koppe laat draai en die komplimente laat in stroom in my droom rok. Almal het weet 'n keer gekyk toe hulle my sien in die unieke ontwerp en kleur skakerings wat my gelaat perfek gekomplimenteer het. Dit was 'n wonderlike middag en aand in my turquoise valle en kristalle wat die lig gevang het en soos 'n verskietende ster gelyk het met elke beweging. Die mense het gesê ek lyk soos 'n meermin!!!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was my droomrok ŵat 'n werklikheid geword het en my wildste drome oortref het. Ek het die fotosessie, modeparade en my matriekafskeid ten volle geniet in my turquoise bubble!!! Alles het perfek inmekaar gepas en 'n sproke laat waar word.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die fotoshoot saam met die perde en hondjies en die oulike kar en om al my maats in hulle deftige klere te sien en om saam met hulle herinneringe te kon maak.

Planne vir na matriek

Ek gaan as Junior rekenmeester werk by Smit Kruger in Kroonstad terwyl ek my CA graad deeltyds gaan doen by Milpark.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fenominaal

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Like what you see?

Share on Social Media