Delita Hanekom
Ouderdom
18
Tuisdorp
Kimberley
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Diamantveld, Kimberley
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het ’n rok gesoek wat my sagte en vroulike persoonlikheid sou beklemtoon en dit ook sou uitstraal. Ek is baie lief vir blomme, daarom was dit vir my belangrik om ’n pragtige blomdetail of -druk in my rok te hê.
Ek is ook mal oor pienk, so ek het geweet die rok moet hierdie sagte, romantiese kleur weerspieël. Die korset-bolyf was iets wat ek spesifiek wou hê om my bolyf mooi te komplimenteer en my figuur te beklemtoon. Ek wou hê die rok moes romanties, sag, vroulik en uniek wees – iets wat regtig soos ek voel.
