Danique Suzetté Müller

Hoërskool Menlopark

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Natalia Jefferys ( Ninette ) het my rook ontwerp

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het gedroom van ’n elegante rok — iets uniek, iets wat sou uitstaan tussen al die ander dames se rokke. Ek wou hê dat my voorkoms ’n storie moes vertel, dat die rok nie net mooi moes wees nie, maar ook iets van my moes weerspieël. Die kleur van my oë is amper identies aan die sagte, glansende kleur van die materiaal, en dit was vir my belangrik dat hierdie natuurlike kenmerk en my rok mekaar op ’n subtiele, tog opvallende manier sou komplimenteer. Ek wou hê die geheel moes voel asof my oë en die stof saamwerk — soos blou, kontrasterende juweelstene wat in die lig vang en teen mekaar uitblink.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my soveel meer as net n mooi rok. Dit is n weerspiëeling van wie ek is— uniek, elegant en vol betekenis. Ek het nie net iets gesoek om aan te trek nie; ek wou iets dra wat my storie vertel. Die rok simboliseer my drome, my liefde vir detail, en die manier waarop ek glo dat ware skoonheid in eenvoud en betekenis lê. Die kleur van die materiaal, wat amper identies is aan die kleur van my oë , het vir my n diep simboliek gehaad. Dit was vir my belangrik dat my voorkoms natuurlik en opvallend sou wees — dat my oë soos juwele sal glans. Hierdie rok is dus nie net n mode kuise nie, maar n uitdrukking van myself— van my identiteit, my styl, en my geloof dat elke detail iets van my hart kan vertel. My rok het presies uitgekom soos ek dit wou gehaad het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die oomblik toe ons in gestap het — daardie gevoel van opgewondenheid, trots en n bietjie ongeloof dat die aand waarvoor ek so lank gewag het, uiteindelik hier was. Ek het elke sekonde geniet toe ek die ander dames se pragtige rokke gesien het; dit was soos om in n droom vol kleur , glans en styl te stap. Die dans en musiek het vir my die aand lewendig gemaak — daardie vryheid om net te wees, saam met my vriende te lag en die laaste groot herinneringe van ons skool jare te maak. En natuuuurlik , die kos! Elke gereg het net bygedra tot die spesiale atmosfeer van die aand.

Planne vir na matriek

Ek wil graag n tussenjaar neem om uit te werk wat ek met my toekoms wil doen

Gunsteling woord in Afrikaans

Heimwee

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media