Danike Van Zyl
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vir my was my matriekafskeid rok nooit net nóg ’n mooi rok nie. Dit was ’n weerspieëling van wie ek is, waarin ek glo en wat my hart gelukkig maak.
My gunstelingkleur is sagte geel – die kleur van my rok – omdat dit my aan JOY (vreugde) herinner. Die vreugde wat ek in die lewe vind, maar veral die vreugde wat ek in die Here vind.
Die blommetjies op my rok het egter vir my die diepste betekenis. Vir my simboliseer elke blommetjie God se goedheid en die wonderwerk van Sy skepping. Net soos elke blommetjie uniek en besonders is, glo ek dat elkeen van ons ook uniek deur God geskep is, met ’n eie doel en ’n besondere plekkie in Sy hart.
Twee jaar voor my matriekafskeid het ek reeds begin droom en idees bymekaarmaak. Sonder dat ek presies geweet het hoe my rok sou lyk, het ek diep binne-in geweet dat daar eendag blommetjies op my rok sou wees. En toe ek uiteindelik dié rok aantrek, het ek geweet: dit is die een!
Dit was asof elke detail bymekaargekom het om my storie te vertel. Die sagte geel, die blommetjies en die vloeiende rok het alles saam iets geword wat soveel meer as net mooi materiaal was.
My rok herinner my daaraan dat skoonheid nie net lê in wat ons sien nie, maar ook in die betekenis daaragter. Vir my is dit ’n herinnering aan vreugde, dankbaarheid en ’n goeie God wat soveel mooi in die wêreld plaas.
Ek het nie net ’n rok gekies waarin ek mooi voel nie. Ek het ’n rok gekies waarin ek myself herken – ’n rok wat my herinner aan wie ek is en aan die Een aan wie ek al die eer wil gee.
