Danielle-Skye Bisschoff

Hoërskool Stellenbosch

Tuisdorp

Gordon's Bay

Skool

Hoërskool Stellenbosch

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ilse Roux van Ilse Roux bridal in Brackenfell. Sy is volgens my die beste in die bedryf. So Kalm en verander dinge met elke fitting sonder om te kla. Haar advies, raad en jare se ervaring het my op my gemak gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vivienne Westwood wedding dress. Ilse Roux het met ons konsultasie met my gesit en ons het besluit op hierdie pragtige rok en die materiaal was duchess satyn. Ek wou eers die rok in wit gehad het, maar Ilse het my besluit verander na hierdie pragtig dieprooi. En is is so bly daaroor. Dit bring my velkleur uit en het die dramaties effek wat ek gesoek het. Ek wou 'n baie romantiesse rok dra en is mal oor die korset styl, wat pas by my figuur tipe. Die sleep agter het die rok super romanties vertoon en dit kon ook vasmaak met 'n knopie sodat ek kon dans.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Jare lank is dit elke meisie se droom om 'n pragtige rok te dra. Ek wou nie een huur nie, maar wou my eie unieke rok laat maak het. Die rok is baie spesiaal vir my, aangesien my pa verlede jaar oorlede is en hy my so graag sou wou sien en hy het 'n idee gehad van hoe die rok sou lyk. Ons het sy voorletters in crystals borduur binne die rok se korset sodat ek hom styf teen my kon voel om die aand minder emosioneel te maak. Toe ek myself sien toe die rok klaar is, was die "love at first sight'. ek is obsessed met die hele rok, materiaal, styl. Daar is nie nog so 'n rok nie. Die rok het perfek by my persoonlikheid gepas. Dit het gepas by ons tema van Oceans Eleven/ Bellagio heist

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek het met my beste vriende in a limo arriveer. Toe ek uit die limo klim het ek gevoel soos a filmstêr by die Oscars. Die hele aand was perfek. Die kos, die musiek, om vir oulaaas met almal te kon kuier en te lag. Die skool het baie moeite gedoen met die dekor om ons die beste aand ooit te gee. Ek sal die memories nooit vergeet nie

Planne vir na matriek

Ek is aanvaar om Bachelor of Arts in Visuele Kunste te studeer by die Stellenbosch Academy of Art and Design. Dit is a 3 jaar kursus. Kuns is my passie en ek leef my gevoelens uit daardeur.

Gunsteling woord in Afrikaans

Uitmuntend

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media