Danel Claasen

Hoërskool Swellendam

Ouderdom

17

Skool

Hoërskool Swellendam

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok het 'n elegante styl met 'n blou korset toppie, wat met dun bandjies agter kruis vir die element van sjarme. Die romp is gemaak van 'n sagte dutch-satin, met 'n kleurvolle vlam-agtige patroon, wat dit 'n vloeiende, sprokies agtige effek gee (perfek vir 'n lekker draai op die dansbaan). Die oorvou-slit maak die rok interessant en vertoon die blou voering aan die binnekant, (wat aansluit by die toppie), en aandag trek met elke beweging. Laaste maar nie die minste nie, het die rok diep sakke. Beslis 'n bonus, omdat ek nie nodig gehad om 'n handsak op te pas as ek gaan dans nie.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok bestaan uit voorbeelde van twee verskillende rokke, met rooi as die dominante kleur. Die voorbeelde is gekombineer om die snit van die rok te kry. Tannie Marinda (van MYJA APPAREL, wat my rok gemaak het) en my Ma het gehelp om die materiaal met die unieke patroon, vir my romp op te spoor. Ek wou graag 'n rok dra wat my "vuur en vlam" persoonlikeheid uitstraal, met eenvoud, maar wat die aandag trek, en wou nie die basiese mode neiging volg nie, juis omdat ek glo dat elke jong dame uniek en spesiaal op haar eie manier is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Sjoe… dit is eintlik moeilik om een gunsteling deel uit te sonder, want ek het van alles van my rok gehou en ek kon my prinses droom uitleef. Die styl was eenvoudig en die materiaal baie gemaklik. As ek wel moet kies, sou ek beslis sê die romp met 'n besonderse vlam-agtige patroon wat 'n unieke sprankel uitstaal, juis omdat dit by my persoonlikheid pas.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media