Dané Snygans

Hoërskool Zwartkop

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Zwartkop

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok was gemaak deur die talentvolle Tannie Annika van Nika Couture .Van die begin af het sy my idee van my rok begryp en het sy my verwagtinge oortref ,ons het natuurlik aanpasssing gehad en elke keer as ek my rok aangetrek het ,het ek al hoe meer opgewonde geraak .Toe ek uiteindelik die finale produk sien toe voel ek soos meisies in die rolprente voel wanneer hulle die mooiste rok nog ooit aangetrek het .As ń klein dogtertjie het ek nog altyd gedroom om eendag sulke oomblik te beleef en dis alles te danke aan Tannie Annika wat my droom waar gemaak het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeid rok was om ń sagte pienk rok met blommetjies aan die punte van die romp te hê ,ek het gehou van die tule materiaal .Ek het ń kombinasie van prente wat ek gesien het bymekaar gevoeg .Ek wou graag ń corset bo stuk met kant en blommetjie detail gehad het wat by die rok se onderste blommetjies pas .Ek hou nog altyd van daai ligte baba pienk kleur wat mens op balletrokkies sal sien en pienk is nog altyd vir my soos hulle sê in engels “Feminine” en sag.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok weerspieël my persoonlikheid en my sagmoedige geaardheid teenoor ander .Ek probeer altyd empatie teenoor ander te toon en om te luister vir ander en hulle te help tot die beste van my vermoë .Ek voel my rok reflekteer die beste op my geaardheid,die sagte pienk met my sagte hart wat almal wil help, die elegansie van die rok verteenwoordig hoe ek altyd wil wees teenoor ander om ondersteunend te wees ,die blomme simbolies vir my omgee en liefdevolle gesindheid .Ek wou n rok kies wat my verteenwoordig

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek en my sussie die laaste finale detail gedoen het ,toe sy my grimering aangesit het en toe ek en my ma saam gelag het soos ons my rok aangetrek het en om die dag saam my geliefdes te spandeer toe ons die fotos geneem het .Dit was n groot voorreg om die dag saam my ouma en oupa te spandeer .Asook om met my vriendinne tyd te spandeer gedurende die aand.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar Onderwys in grondslagfase by die Universiteit van Pretoria studeer en dan ook Sielkunde in my tweede jaar ek hoop om eendag ń juffrou te wees wat baie kinders kan inspireer om tot hulle volle vermoëns te presteer en so ook kinders te help in alle aspekte as ek ń sielkundige is .

Gunsteling woord in Afrikaans

lekker

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media