Dalika Viljoen
Klerksdorp Hoërskool
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool
Klerksdorp Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het 'n baie spesifieke idee vir my rok gehad. Ek het toe saam met Ernst Schütz gesit en presies beduie wat ek wou hê. Van 'n doodgewone skets op papier het Ernst die rok van my drome tot lewe gebring.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My 5-jarige ek was verlief op Tinkerbell en alles wat met feetjies te doen gehad het. Die fantasiewêreld het my nog altyd betower en ek wou graag 'n gevoel van nostalgie, wat vir 5-jarige Dalika sou trots maak, in my rok inkorporeer. Al wat ek vir Ernst gesê het is dat dit soos "pixie dust" moes lyk wat af drip. Ek het nog altyd geweet ek gaan 'n emerald kleur lap gebruik om my rooi hare te beklemtoon. Die vierkantige neklyn gee 'n gevoel van koninklikheid. Dit het my soos 'n prinses laat voel wat reguit uit een van my leesboeke uitgestap het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Aanvanklik was my rok vir my 'n herinnering dat ek "once upon a time" net 'n klein dogtertjie was wat van Tinkerbell gehou het en geen verantwoordelikhede gehad het nie. Maar my pa het daardie siening baie vinnig laat verander. Sy gunsteling "Disney prinses" is Merida van die fliek Brave. Hy is op hierdie stadium aan die anderkant van die wêreld in Australië, en toe hy my sien oor 'n Whatsapp video oproep toe sê hy vir my dat ek hom aan Merida herinner. Nie net oor die rooi krulle of die groen rok nie, maar omdat ek sy klein prinsessie is wat nou werklik soos een lyk en optree. Dit het vir my baie beteken en dit is hoe ek altyd aan my rok sal dink.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek is eintlik 'n massiewe introvert, so sulke tipe geleenthede is nie regtig my ding nie. Ek sal dus sê dat die hoogtepunt vir my was om al my vriendinne in hul element te sien skitter, en om ná die tyd in my fancy rok saam met my vriende roomys by McDonald's te gaan kry.
Planne vir na matriek
Ek en my gesin immigreer aan die einde van die jaar Australië toe. Ek gaan dan 'n "gap-jaar" vat en my voete vind. Ek gaan werk en spaar vir 'n kar en in 2027 gaan ek by James Cook University medies studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
O gats!
Datum van matriekafskeid
2025-10-01