Dalena Viljoen

Dalena Viljoen Dalena Viljoen Dalena Viljoen

Ouderdom

17

Tuisdorp

Wellington

Skool en dorp/stad van skool

Leef Onafhanklik

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok lê in die simboliek van die pêrels en die sagte sjampanjekleur. Pêrels word dikwels met trane verbind, en vir my simboliseer dit die emosies wat met afskeid saamgaan — die hartseer om ’n hoofstuk af te sluit, maar ook die dankbaarheid vir al die mooi herinneringe en mense wat deel was van my 12 skool jare. Elke pêrel herinner my daaraan dat daar agter elke afskeid ook groei, nuwe geleenthede en ’n nuwe begin lê.

Die sjampanjekleur verteenwoordig vir my elegansie en ’n "vonkel" begin. Ek wou ’n rok hê wat nie net mooi lyk nie, maar ook ’n dieper betekenis dra. Die kombinasie van die sagte kleur en die glinsterende pêrels weerspieël vir my die gemengde gevoelens van matriekafskeid: die trane van afskeid, die vreugde van herinneringe en die opgewondenheid oor dit wat voorlê. Vir my is die rok dus meer as net ’n uitrusting; dit simboliseer die mooi einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe lewensreis.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media