Crystal Bailie
Ouderdom
18
Tuisdorp
Kroonstad
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Trio , Kroonstad
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekrok is geïnspireer deur die verskillende kante van my persoonlikheid. As ’n martial artist is krag, dissipline en deursettingsvermoë ’n groot deel van wie ek is, en daarom wou ek hê my rok moes daardie sterk, selfversekerde kant van my weerspieël. My liefde vir Japanse kultuur het ook ’n groot invloed op die ontwerp, veral die elegansie en simboliek van blomme.
Die rok verteenwoordig dus die balans tussen krag en sagtheid — die vegter en die dromer. Dit is nie net ’n rok wat ek mooi vind nie; dit is ’n weerspieëling van wie ek is, wat ek liefhet en die persoon wat ek deur my matriekjaar geword het.
