Cornelle Saayman
Hoërskool Die Wilgers
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Die Wilgers
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Annedel White is die ontwerper van my rok en haar besigheid se naam is "Annedel White Couture". Wat beteken: "Made to measure". Die naam pas perfek by haar want haar werk is asemrowend mooi en alles is perfek gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was om iets uniek te ontwerp en dan te laat maak wat my persoonlikheid weerspieël. Ek wou uitstaan en anders wees en wys dat ek nie bang is om myself te wees nie. My rok moes wys dat ek nie die mode hoef te volg om in te pas nie, maar eerder iets dra wat my ware self uitbeeld. Omdat ek lief is vir adrenalien-aktiwiteite en 'n sosiale mens is, wat graag 'n verskil in ander se lewens wil maak, wou ek hê my rok moes daardie energieke en selfversekerde kant van my wys.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net 'n mooi uitrusting vir een spesiale aand - dit verteenwoordig wie ek werklik is. Ek het iets gesoek wat 'n groot verrassing vir almal sou wees: Stylvol, uniek, tydloos en fabelagtig. Die kleurkombinasie gee vir my daardie dromerige gevoel van 'n prinses in die Afrika-grasvelde, iets wat terselfdertyd natuurlik en betowerend is. My rok beeld my bont persoonlikheid uit, my stralende glimlag en my lus om nuwe dinge te probeer en anders te wees as die res. Ek het daarom ook pasgemaakte Converse-tekkies gedra - om te wys dat styl en gemak hand-aan-hand kan gaan. Hierdie rok is vir my 'n simbool van selfvertroue en individualiteit en ek hoop dit inspireer ander meisies om ook hul eie styl te omhels en trots te wees op wie hulle is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Van my grootste hoogtepunte van die matriekafskeid was om vir 'n laaste keer voor die eindeksamen 'n ongelooflike, sorgvrye aand saam met my beste vriendinne en my kêrel te beleef. Ons het pragtig aangetrek, heerlik gelag en tot laat in die aand gedans onder die sprankelende ligte. Dit was besonders om nuwe, kosbare herinneringe te maak en die jaar op so 'n vrolike en spesiale manier af te sluit.
Planne vir na matriek
My planne is om na matriek 'n "gap"-jaar te vat waarin ek haarstyl-, grimering-, en naelkursusse by "Potchefstroom Acadamy " wil doen. Verder wil ek aan my liefde vir fotografie en my portfolio werk. Daarna wil ek inskryf vir 'n 2 jaar fotografie kursus by dieselfde tersiêre instansie.
Gunsteling woord in Afrikaans
Wellemoed (ou woord vir goeie gees, lewenslus en moed)
Datum van matriekafskeid
2025-10-09