Connelee Mooney
Hoërskool George
Tuisdorp
Oudtshoorn
Skool
Hoërskool George
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ontwerper: Austin-Lee
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok was geïnspireer deur een van my rolmodelle genaamd Lisa. As gevolg van al haar suksesse in die lewe het ek gevoel dat ek ook graag my suksesse in so n asemrowende rok wou vier. Dit het my aandag getrek die oomblik toe ek my oë op die foto van haar in die rok lê. Die rok het ook n egiptiese inspirasie agter dit veral omdat dit altyd so elegant en ‘feminine’ lyk.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is meer as net iets mooi en n dra ding, dis ’n herinnering aan wie ek was, en ’n belofte van wie ek besig is om te word. My rok herinner my aan een van die spesiaalste aande van my lew, al die lag, die foto’s en die mense met wie ek daardie oomblik gedeel het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid vir my was die feit dat ek vir n laaste keer saam al my skool vriende n skool funksie kon bywoon en ons suksesse van die jaar saam kon vier. Dit was emosioneel maar ook n oomblik vol glimlae, veral toe almal saam dans en sing. Inderdaad n dag om verewig te onthou.
Planne vir na matriek
Vir iemand soos myself wat in meer as een ding belangstel is dit nogals iets moeilik om te beantwoord, veral as dit n vraag is wat jy elke dag moet aanhoor. Daar is nog n bietjie onsekerheid oor wat ek werklik wil doen, maar ek glo ek het nog tyd om te kan besluit. My doel is nie om mense te beindruk nie maar wel om iets te doen wat ek verewig in sal belangstel en n liefde voor het. Ek glo dat n “gap year” my sal toelaat om verskillende dinge te ervaar en om ondersoek in te stel oor tipe loopbane wat ek moontlik in belang sal stel.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sukses
Datum van matriekafskeid
2025-07-24