Claudette Kruger

Hoërskool Garsfontein

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Garsfontein

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Shein online

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My droom rok wou ek altyd gehad het dit moes blou wees tot ek begin soek het vir my droom rok. Die dag toe ek die eerste keer my rok gaan aanpas het het ek geweet dit gaan nie meer blou wees nie. Ek het tussen 5 en 10 rokke aangepas en toe kom ek by die kleur van my rok uit wat Rooi is. Ek het besluit op rooi te vat nie net omdat die mooi is maar ook omdat my pa van die kleur rooi hou en omdat hy nie daar sou kon wees nie het ek die rooi gevat wat my laat dink het aan my pa.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

As ek moet terug dink hoe ek gedroom het van my rok eerste en hoe dit eintlik nou is. Beteken dit vir my meer as net n rok. Dis vir my n rok wat ek my 12 jaar van skool kon afsluit en eendag terug te kyk na die fotos en te weet dat dit vir my die mooiste rok ooit was en nie net omdat ek daarvan gehou het nie maar ook omdat my pa en ma saam my gekies het vir die rok daarom is my rok soveel sentiment vir my.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Van die dag wat my kerel my gevra het matriekafskeid het hy gese hy wou nie weet hoe my rok lyk nie. HY het wel geweet die kleur van rok. Niemand het eintlik geweet hoe my rok lyk nie behalwe my ma en sister. Die dag van die matriekafskeid toe my kerel en almal my rok sien was dit lekker om almal se reaksies te sien. Nog n hoogtepunt vir my was toe ek uit die kar klim en ek op die rooi tapyt kon stap saam my kerel, en alles net stil geraak. Dit was vir my die beste gevoel om op die rooi tapyt te kon stap saam iemand wat vir my baie beteken.

Planne vir na matriek

Om digital marketing te gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefde: beteken vir my wanneer jy iemand waardeer, respekteer en omgee vir hulle, selfs al is dinge nie altyd maklik nie. Dit beteken jy wil hê die persoon moet gelukkig wees, jy ondersteun hulle, en jy voel warm en veilig by hulle.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media