Clarize van der Nest

Hoër Volkskool Potchefstroom

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Hoër Volkskool Potchefstroom

What was your inspiration for your matric prom dress?

Die blomme inspirasie met die sagte oester kleur, die luukse gevoel van die milano satyn asook die sagte tule lap wat daaroor gedrapeer is, my oop, lae rug idee met die fyn pêrel knopies langs die kant het bygedrae tot 'n romantiese, outentieke kombinasie met 'n moderne gevoel om my peroonlikheid as misterieus, dog sag en vroulik uit te beeld. Die ou- goud, pêrel, khaki groen en appelkoos kleure van die verskillende blomme (handgemaak, geborduur asook aangekoop) met kontras van spatseltjies blou en bruin/pienk asook die takkies tussen die tule lap versteek, het voorwaar ‘n sprokies woud uitgebeeld.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Dit was iets heel anders en oorspronklik. Ek het volle vertroue gehad in Pieter Bondesio se ontwerpstyl en naaldwerk, maar ek het geweet dit gaan 'n uitdaging wees om elke blommetjie met die hand op te werk op so 'n manier dat die kleure bymekaar pas. Elke styl van die blommetjies is sorgvuldig uitgekies, want ons het nie met een stuk lap gewerk nie. Dis 'n voorbeeld van hoe elke fase van my lewe verskillend en uniek is, en dan tog bymekaar uitkom en volmaak en uniek lyk, afhangende van hoe jy jouself uitbeeld. Dit is wat ek wou uitbeeld.

Date of matric farewell?

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media