Clarissa Coetzee
Ouderdom
18
Tuisdorp
Krugersdorp
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Noordheuwel / Krugersdorp
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My Matriekafskeidrok is geinspireer deur my liefde vir die natuur en die natuurlike skoonheid van blomme. Die sagte blou kleur simboliseer rustigheid en elegansie, terwyl die kleurvolle blomme die lewe, vreugde en vrolikheid weerspieël.
Elke blom vertel 'n storie en saam vorm dit 'n rok wat my persoonlikheid en liefde vir die natuur op 'n unieke manier uitbeeld.
Die blomme kant het ek vir die eerste keer op 'n rok wat Taylor Swift gedra het by die Grammy's gesien, en dadelik geweet dat ek die kant iewers gaan inkorporeer vir my matriekafskeidrok.
