Christi-Mari Botes
Trio Hoërskool Kroonstad
Tuisdorp
Kroonstad
Skool
Trio Hoërskool Kroonstad
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Zapaka
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was die unieke sagtheid van die rok – ek wou iets hê wat mooi en sag vertoon.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok beteken vir my ’n "mooi keuse"– die rok het my aangespreek deur sy unieke, blomme. Dit voel soos ’n simboliese manier om hierdie seisoen van skool af te sluit, iets spesiaals wat herinner aan dit wat verby is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt vir my was die hele ervaring – van voorbereiding tot by die onthaal. Die saal se dekor was sprokiesmooi, en ek het regtig waardering daarvoor. Dit het alles saamgebring. Ek het dit geniet om net in die oomblik te wees en die herinneringe vas te vang.
Planne vir na matriek
Ek het nog nie presies besluit wat ek ná matriek wil doen nie, maar ek’s opgewonde om uit te vind, ek glo alles sal op die regte tyd in plek val.
Gunsteling woord in Afrikaans
Liefde – Bo alles
Datum van matriekafskeid
2025-10-16