Chloe Loots

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Ouderdom

18

Skool

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ’n helder pienk en rooi ontwerperrok met blomdetail en ’n dramatiese tulle-sleep. Die styl kombineer iets romanties en vroulik met ’n moderne, gewaagde snit. Ek het hierdie ontwerp gekies omdat dit uniek is, opval sonder om oordadig te wees, en perfek my persoonlikheid weerspieël.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is geïnspireer deur blomme en die idee van selfvertroue en elegansie. Ek wou hê die rok moes voel soos iets uit ’n modeblad – vol kleur en lewe – maar steeds stylvol en tydloos. Die blomdetail en vloeiende materiaal simboliseer vir my groei en nuwe beginne, wat mooi aansluit by die afsluiting van my skoolloopbaan. Pienk is ook ‘n kleur wat ek met gemak dra en dit komplimenteer my natuurlike kenmerke.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van die rok is beslis die blomdetail aan die bors en rug, sowel as die dramatiese tulle wat agter uitvloei. Dit gee die rok beweging en laat my spesiaal voel as ek dit dra. Ek hou ook van hoe die kleur my laat uitstaan en perfek pas by die vreugde van die aand en ek dra die rok, die rok nie my nie.

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media